so:text
|
Translated from Afrikaans: Daar is twee maniere om 'n republiek te verkry, naamlik deur middel van 'n verkiesing of deur 'n volkstemming. Voormalige leiers van die Nasionale Party het belowe dat die republiekwording van die Unie op die beslissing van die breë volkswil sal berus. Derhalwe sal dit dan nou ook so geskied. Die koppe van die blanke kiesers wat stem, sal getel word. Die regering het die konstitusionele reg om die kwessie van 'n republiek met 'n meerderheid van stemme in die Parlement te laat beslis – net soos die Verenigde Party die Unie in 'n oorlog gedompel het. Die Nasionale Party het egter vrywillig van hierdie reg afgesien en die toets sal op die breë volkswil gelê word. Die Nasionale Party sal egter nie gaan lê as hulle die toets sou verloor nie. Hulle sal nie ophou met veg voordat Suid-Afrika sy eie republiek het nie. (af) |