so:text
|
Translated from Afrikaans: Nou gaan ons vorentoe. Ons staan op ons eie twee bene. Laat ons die toekoms tegemoet gaan vol hoop, vol vertroue en vol ywer … Wat in Londen gebeur het is nie 'n nederlaag nie maar 'n oorwinning. Daar is verwag dat die ander lede van die Statebond 'n peil van volwasenheid sou ereik het wat hulle in staat sou stel om binne die Statebond met Suid-Afrika saam te werk, veral in die stryd teen Kommunisme, terwyl hulle nog buite die Statebond hul verskille kan hê. Sommige van die Statebondslande was egter te jonk, te nuut en te klein. … Daar het iets groots gebeur. 'n Vreedsame Suid-Afrika het tot stand gekom met gevare en moontlike nadele van hom afgewend. Suid-Afrika gaan sterker uit hierdie uur as ooit tevore. Suid-Afrika het getriomfeer … ons het ons vrygemaak van die juk van die Afro-Asiatiese lande wat die Statebond inneem, want ons is nie gewillig dat hulle aan ons dikteer nie. Die huidige Statebond is een waarin ons nie meer tuis voel nie. (af) |